Eerste uitgawe · Middelburg
HY LYK NET SO ONSKULDIG.
’n Plaaslike brandewyn met ’n gladde hart, ’n droë sin vir humor en net genoeg moeilikheid in die bottel.
Hoofseun het opgedaag. Hou jou ys gereed.

Die dop
Geen lang storie.
Net ’n lekker een.
Gebore uit ’n plaaslike idee. Gebou vir mense wat hulle brandewyn ernstig vat—maar hulleself glad nie.
STIKSTOF is ’n driejaar blended brandy met ’n warm, gladde karakter. Dis gemaak vir ’n glas, ys, jou mengsel van keuse en die soort kuier wat nie ’n vergadering nodig het nie.
“So glad, jou skoonpa sal nog ’n dop vra.”
- Styl
- Blended Brandy
- Maturiteit
- 3-jaar potstill-komponent
- Sterkte
- 40% alc./vol.
- Inhoud
- 750 ml
Klein begin. Groot plan.
DIE EERSTE 50.
VOOR ONS GROOTKOP RAAK.
Die eerste STIKSTOF-uitgawe word tot 50 bottels beperk. Nie omdat ons skaam is nie—ons wil net eers sien wie genoeg smaak het om hulle hand op te steek.
Jou besonderhede word net vir STIKSTOF se bekendstelling gebruik. Geen betaling word tans ontvang nie.
Waar kry ek hom?
VRA JOU PLAASLIKE
DRANKWINKEL:
“HET JULLE STIKSTOF,
OF MOET EK WEER RY?”
As hulle jou snaaks aankyk, wys vir hulle die bottel. As hulle nog snaaks kyk, vra vir die bestuurder.

Handels- en bekendstellingsnavrae
WIL JY HOM
OP JOU RAK HÊ?
Praat met ons oor ’n plaaslike proe, ’n eerste bestelling of ’n bekendstellingsamewerking. Hy staan mooi op ’n rak en praat nie terug nie.
info@stikstof.co.zaHandelsmerk-e-pos word voor bekendstelling geaktiveer.Vervaardiger
B Distillery
Geproduseer en gebottel in Suid-Afrika deur B Distillery. Gelisensieerde betaling en aflewering word deur hulle winkelroete hanteer.
Hulle maak die brandewyn. Ons maak die storie.Dié knoppie sal direk na STIKSTOF se eie produkblad by B Distillery neem—nie na die algemene winkel nie.